Select Page

Elmina & Anton

"Ons word een"
RSVP

Welkom

Welkom by ons trou webwerf, ons kan nie wag om ons spesiale dag saam met al ons geliefdes te vier nie. Ons het hierdie webwerf geskep as ‘n gerieflike en interaktiewe manier om al die belangrike besonderhede met julle te deel in die aanloop tot ons troue. Julle kan ook meer oor ons liefdesverhaal leesSo geniet dit saam met ons en moenie vergeet om te RSVP nie! Laastens – dankie vir julle volgehoue ​​liefde en ondersteuning. Ons is so opgewonde om hierdie dag met julle te deel en sien uit daarna om later die aand saam met al ons gunsteling mense te dans!

Op die noot van dans moet asseblief nie vergeet om julle 2 liedjies te kies heel onder by die kontak besonderhede nie.

Anton

” ‘n mens dink ñ mens weet altyd hoe ñ mens voel tot iemand kom en vra hoe jy voel oor die liefde van jou lewe, dan begin ‘n mens te dink, maar woorde raak te min vir die gevoelens en liefde wat ek het vir Elmina. Toe ek haar gesien het ‘n hele paar jaar terug het ek gedink sy is die mooiste & beeldskoonste persoon wat ek gesien het maar toe gebeur die lewe en op ‘n dag toe word my drome waar en ek begin Elmina beter leer ken, ek het smoor verlief geraak op alles van haar. Sy het die mooiste hart met die mooiste liefde teenoor diere en kinders. Elmina het met al haar liefde, aandag en ondersteuning vir my alles kom heel maak wat gebreek was. Haar sagte geaardheid & persoonlikheid was vir my die beste harts medisyne maar die manier hoe sy vir Karla liefde en aandag gegee het was vir my die heel beste. Ek kan nie wag om die res van my lewe ons lewe te maak nie en om haar langs my te hê met alles wat ek aanpak”

Elmina

“As kind het ek gedroom van my ridder op sy wit perd, maar toe is my ridder eintlik ‘n boer seun en sy wit perd eintlik ‘n wit bakkie.

As ek aan my gevoelens & liefde vir Anton dink is ‘n bladsy nie genoeg nie. Hy het my op die regte tyd in my lewe kom wys wat ware liefde werklik is. Hy het die mooiste glimlag wat my hart laat smelt, sy goeie hart het my vas gevang. Ek kan my verkyk aan hoe mooi hy met sy mede mens en diere is. Ek kan nie my lewe in sien sonder sy gebabel, aansteekende lag en liefde nie. Ek sien uit daarna om saam met hom oud te word. Ek sien uit daarna om sy pragtige dogter deel van my lewe te maak. Hy bring die beste in my uit. Ek sien uit na ons toekoms saam, waar ons al drie een sal word.”

Ons… in ‘n “nut-shell”

Ons… in ‘n “nut-shell”

Hy die oulike boer seun van ‘n klein dorp, wat enige iemand met sy pragtige glimlag kan laat smelt, ‘n hart van goud & hande wat vir niks verkeerd staan nie. Sy ‘n dame van die stad met ‘n kort humeur en lawwe sin vir humor en ‘n sagte hart vir almal wat naby haar is, wat nie die huis sou verlaat sonder elke haartjie in plek nie. Nooit gedink van op die plaas woon nie wat nog te sê van ‘n plaas boer wat haar hart sal steel, maar toe sy haar voete vind op dieselfde klein plaas dorpie was daar geen omdraai kans nie. Daar was nie meer tyd om hare reg kry nie, maar eerder tyd om hom beter te leer ken, want vir Anton was sy perfek. 

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

Ons Groot Dag

Ons Groot Dag

Ons is so opgewonde om ons liefde te vier, en ons sal verheug wees as julle daar kan wees terwyl ons die knoop deurhak. As julle enige vrae het, moet asseblief nie huiwer om ons te vra nie.

Onthou om 2 liedjies van julle keuse te maak!

Datum: 05 Februarie 2022
Tyd: 3:00 pm
Seremonie en Onthaal: Lombardini Game Farm, Seekoeirivier Valley, Jeffreysbaai, 6330

11 + 9 =

Die Storie…

Die Storie…

Anton was lief daarvoor om na ‘n lang dag te gaan ontspan by Out of Africa die gemeenskaplike kuier plek op Rocklands, Elmina wat nie self regtig gedrink het nie sou soms saam met haar ouers na Out of Africa toe gaan, nooit geweet dis hier waar sy haar toekoms sou raak loop nie… Sy het die oulik, stil, aantreklike man in die hoek sien sit, hy het verseker haar oog gevang. Altwee was maar ewe skaam, daar was net ‘n hello hier en daar.
Die lewe het toe maar sy gang gegaan en Anton is 
terug Kansas toe.

Op ‘n dag besluit Elmina om vir Anton te kontak op Messenger, een boodskap het in twee verander en voor hulle kon keer was dit heeldag boodskappe na mekaar Anton het dieselfde jaar, in Desember teruggekom huis toe, hulle het toe vir hul eerste afspraak ontmoet by Wimpy, altwee maar ewe skaam maar toe hulle eers begin gesels was daar geen keer, na die eerste afspraak kon hulle nie wag om mekaar weer te sien nie, Anton het Elmina op 5 Februarie 2020 in Kini-Baai gevra om sy nooi te wees. Dit was ‘n kort tydie voor hy weer moes terug gaan Kansas toe. Die volgende 9 maande was vol verlange , opwinding en tog so bietjie hartseer. Maar op 25 November het Anton vir Elmina verras by haar werk en vir die volgende paar weke was die twee onafskeidbaar, hulle het alles saam gedoen. Op 5 Februarie 2021 het Anton voorgestel dat hulle iewers heen ry om hul eerste jaar van hul verhouding te herdenk. Hy het tot bo Lady Slipper gery en sy het niks verwag nie, maar toe die bakkie uiteindelik tot stilstand kom en sy uit die bakkie klim om die uitsig te bekyk, het sy vir ‘n split sekonde omgedraai en haar hele lewe het tot stilstand gekom! Agter haar het Anton met die mooiste ring vir haar gevra om haar lewe verewig saam hom te spandeer en sy vrou te word. Al wat sy uit kon uit kry was JA!!!

Akkommodasie

Akkommodasie

Julle is meer as welkom om Sondag na ons makietie saam ‘n lekker ontbyt te geniet om die naweek aftesluit op n goeie noot.
(Meer inligting sal later deur gegee word)

Lombardini Lodge

042 293 2251

Dolphin View Guesthouse

042 296 0594